Markverslag

24 Nov 2022

Die onstuimighede het voortgeduur sedert my laaste verslag.

Die goeie nuus is dat die Alle aandele indeks tot by 73000 punte geklim het.

Dit ondanks:
Die rentekoers styging van ‘n verdere 0.75% wat vandag verwag word in ‘n poging om die inflasie koers wat verder gestyg het af te bring.

Die goeie nuus is dat ons beleggings fondse aan die klim is.

Die fondsbestuurders waarmee ons gereeld praat is so positief dat hulle, binne hulle mandate, maksimum kapitaal in aandele geplaas het. Selfs ons staats effekte opbrengste het weer begin groei.

Kantlyn opmerking: die graderings agentskappe se siening oor ons land is nogs leg maar positief.

Die President het in sy onderhandelings met die Britte deure oopgemaak vir hernude uitvoere na Engeland, spesifiek vir wyn en landbou produkte ( Ons grootste mark ).

Byt vas en kom ons wag die nuwe jaar in met groot afwagting.
Die vooruitsigte lyk goed!
‘n Geseende Kers en Familietyd vir elkeen van julle.


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149